Wetenskaplike Navorsing Eksperiment
Hi, my naam is Mia Schutte..
en ek kort jou hulp vir my taak.

Ek is 'n Gr8 student by Waterkloof Hoërskool, Pretoria.
Ek moet 'n wetenskaplike eksperiment voltooi in sosiale studies en my navorsing fokus op die keuse tussen YouTube/TikTok/TV en musiek luister tydens daaglikse aktiwiteite soos oefen, eet, bestuur, af-tye, tande borsel en meer.
Ek wil graag 'n beroep op jou doen om my elektroniese vraelys in te vul en my te help om inligting vir my studie te bekom.
Jou deelname aan hierdie studie is van uiterste belang vir my navorsing.
Deur middel van jou antwoorde kan ek 'n beter begrip kry van hoe mense hul tyd spandeer tydens daaglikse aktiwiteite en hoe die keuse tussen YouTube/TikTok/TV en musiek luister mense se produktiwiteit, gemoedstoestand en emosionele welstand beïnvloed.
Jou antwoorde sal my help om my eksperiment en bevindinge te dokumenteer en sal 'n positiewe bydrae lewer tot die sosiale studies-gemeenskap van ons Hoërskool.

Jou deelname aan die studie is heeltemal vrywillig en jou identiteit sal vertroulik gehou word soos uiteengesit in die POPI beleid.

Die vraelys sal slegs 'n paar minute van jou tyd verg...
...en dit is baie belangrik dat jy so eerlik as moontlik antwoord, sodat my navorsing so akkuraat as moontlik is. Jou bydrae sal dus baie waardeer word en help om hierdie eksperiment tot 'n suksesvolle einde te bring.